Uncategorized

Vereenvoudig jou lewe

7 December 2018 | Insights Team

“Vereenvoudig jou lewe.” Dié drie woordjies kan ’n groot verskil maak. Om hulle hardop te sê, kan reeds ’n gevoel van kalmte meebring in ’n warboel lewe volgeprop met doen, wees en te veel goed.

Die Boeddhiste-monnik en befaamde skrywer Matthieu Ricard, wat soms bestempel word as “die gelukkigste man op aarde” meen “’n Eenvoudige lewe is ’n gelukkige lewe.” En hoewel ’n skuif van Killarney na Katmandoe dalk nog net nie moontlik is nie, kan groot baat gevind word by die vereenvoudiging van jou lewe.

Eenvoudig maar Goed

’n Eenvoudige lewe beteken minder tyd om stoflike dinge na te jaag, maar mens moet dapper genoeg wees om die eerste tree te neem.

James Wallman, skrywer van Stuffocation: Living More with Less (Penguin), verduidelik die uitdrukking.

Stuffocation is die verhaal oor een van ons hedendaagse, mees akute maar tot nou toe onbenoemde aandoenings. Dit handel oor hoe jy, ek en die samelewing oor die algemeen bedruk voel deur ons besittings, in plaas daarvan om deur hulle verryk te voel.”

Minder is Meer

Dr. Thomas Gilovich, ’n professor aan Cornell-Universiteit wat menslike gedrag al vir meer as 20 jaar bestudeer, meen “die probleem” met ons mensheid is dat ons by elke situasie aanpas. In ’n artikel op die webwerf Entrepreneur, sê hy: “Ons koop goed om ons gelukkig te maak en ons slaag daarin. Maar net vir ’n kort rukkie. Nuwe dinge is vir ons eers opwindend, maar dan pas ons by hulle aan.”

Met die klem op wat ons al jare lank in die media hoor (en krediet moet gegee word aan millieniërs wat voorafgaande hulle neus vir materialisme opgetrek het), sê hy regte waarde lê in belewenisse en nie dinge nie!

Volgens dr. Gilovich maak ons ervarings ’n meer betekenisvolle deel van ons uit as ons stoflike besittings. “Jy kan baie van jou stoflike goed hou,” sê hy. “Jy kan selfs dink dat daardie goed deel van jou identiteit uitmaak, maar nietemin bestaan hulle steeds los van jou. In teenstelling daarmee, maak jou belewenisse regtig deel van jou uit. Ons is die somtotaal van ons belewenisse.”

Om dus te belê in jou lewe, gesin en om gehalte tyd met jou geliefdes deur te bring, het veel meer waarde op die lang termyn en om soms ’n bestekopname van die belangrike dinge in die lewe te maak om die benodigde veranderinge te maak, is ’n groot besluit wat ons almal moet neem. En hoewel alles nie om geld draai nie, speel finansies ’n groot rol in die keuses wat ons maak om ’n werklike verskil in ons lewens teweeg te bring.

10 maniere om jou lewe te vereenvoudig . . .

  1. Bestekopname: Stel ’n lys op van afdelings van jou lewe wat jy kan vereenvoudig. Het jy te veel hooi op jou vurk gelaai rakende jou huis of jou motor? Bestee jy te veel op vermaak? Is daardie gimlidmaatskap werklik nodig? Moet jy elke sosiale uitnodiging aanvaar? Wees eerlik met jou antwoorde en kyk na waar dit moontlik is om te verander.
  2. Babatreetjies – begin met klein aanpassings: Wat van daai ná-werkse Vrydagmiddag-drankies wat jou energie tap en jou ietwat onbeholpe laat op ’n Saterdagoggend? Probeer een of twee keer nee sê en neem kennis van die voordele. Daai twee-vir-die-prys-van-een spesiale aanbod wat jou altyd na jou kredietkaart laat gryp – miskien dié keer nee sê? Probeer babatreetjies neem binne jou daaglikse en weeklikse roetines – en kyk net hoe ruimte geskep word vir gesondheid van verstand op sy opwagting te maak.
  3. Oorweeg jou huis: Plaas jou huisverband soveel druk op jou dat jy net werk, werk, werk en geen tyd vir die lewe oorhet nie? Baie mense skaal af om hulle huise ’n meer hanteerbare uitgawe te maak. Hoewel dit nie ’n maklike besluit is nie, is dit die moeite werd om te oorweeg gesien die moeilike ekonomiese tye waarin ons leef. As jy die besluit neem, staan Leadhome gereed om jou by te staan. [Trouens, ons maatskappy het ontstaan as ’n vaartbelynde oplossing vir die ouderwetse en duur model wat voorheen deur eiendomsagente aangebied is.]
  4. Te veel kredietkaarte, te veel rekeninge: Hoe sien die papierwerk in jou lewe daaruit? Kom rekeninge uit alle hoeke op jou af en sukkel jy om kop bo water te hou oor hoeveel jy wie skuld, laat staan die byhou van al die papierwerk (om nie te praat van die impak op die omgewing nie)? Kyk ernstig na waar jy jou skuld kan konsolideer en jou persoonlike maandelikse papierspoor kan vereenvoudig.
  5. Wees kar-skrander: Kort jy werklik daardie brandstofdief met sy hoë maandelikse paaiemente? Is daar meer ekonomiese maniere om van A tot B te kom? Is julle dalk ’n twee-motor-gesin wat redelik doeltreffend met een motor kan klaarkom? Oorweeg van dié vrae en maak betekenisvolle aanpassings aan jou motor-situasie.
  6. Tyd is die werklike valuta: Terwyl dit saak maak om dinge te hê, is tyd – veral gehalte-tyd – om die dinge te kan doen waarvoor jy lief is, ’n ware geskenk. Kyk na jou persoonlike tyd en oorweeg waar jy aan daai tyd-verorberende aktiwiteite en gedrag kan snoei om plek te maak vir die ware geskenk van tyd om dít te doen waarvoor jy lief is.
  7. Vereenvoudig jou ‘kopruimte’: Te veel geraas in jou kop? In dié tye van oorstimulasie, soek na maniere om jouself ’n geestelike blaaskans te gun – skakel sosiale media af, gaan op ’n digitale detoksifisering, skakel die televisie af en gaan kyk buite na die sterre. Leer om te mediteer, ook al is dit net vir 5 minute per dag.
  8. Oorweeg jou betrekkinge met mense: Is jy bewus van die energie-tappers en tyd-verkwisters; mense wat niks doen om jou lewe te verryk nie en diegene wat wél? Soms is dit ’n goeie idee om ’n bestekopname te maak van die drama en chaos wat sommige mense in jou lewe veroorsaak en om aktiewe stappe te doen om tyd met hulle te beperk. Bestee meer tyd saam met diegene wat bydra tot jou gevoel van welsyn in jou leefwêreld.
  9. Oefen om spaarsaam te wees: Kyk goed rond voor jy koop, soek vir winskopies – stel aankope uit totdat jy seker is jy het die beste prys. Of stel daai luukse aankoop volledig uit – het jy dit werklik nodig, of kan jy die kontant vir iets beters aanwend? Kan jy eerder in ’n belewenis belê as om meer goed te koop, is die vraag wat jy aan jouself behoort te stel.
  10. Bring tyd in die natuur deur: Terwyl stoflike dinge nie te versmaai is nie, is niks meer bevredigend as die envoudige daad om in die natuur te wees nie. Ruim tyd in vir ’n stappie in die buitelug, sit onder ’n boom en bepeins die eenvoudigheid van dit alles en dat miskien, net miskien, dit tyd is om na die fundamentele beginsels terug te keer.

Miskien was Matthieu Ricard reg toe hy gesê het “’n Eenvoudige lewe is ’n gelukkige lewe”. Plato sou vir seker saamgestem het: “Die grootste rykdom in die lewe is om vergenoegd te lewe, met min.” Miskien is ons die pad byster met ons meedoënlose gejaag na meer en meer en meer. In die woorde van Leonardo da Vinci: “Eenvoud is die uiterste verfyndheid.”

Insights Team

We're the "thinking arm" of Leadhome, combining expertise in data analysis, modelling, sociology, geography, and philosophy to interrogate current trends in the South African residential property market. Proudly contemplative since 2015.

WhatsApp Logo
WhatsApp us