IndustryLifestyleProperty TrendsSelling your home

Daar is steeds ware waarde in Kaapstad

28 January 2019 | Insights Team

Kaapstad was nog altyd ’n goeie belegging vir kopers met ’n skerp oog. Dis nog steeds die geval, maar met so baie dinge wat tans in die land aangaan, moet ’n mens die mark slim dophou. Dit is die raad van Laurene van Coller, spanleier vir Leadhome in die Wes-Kaap.

Almal wil ’n huisie by die see hê

Die Wes-Kaap is ’n enorme area,” herinner sy. “Die verskeie woongebiede en areas verskil baie. Elkeen het sy eie redes wat dit ’n goeie plek maak om eiendom te koop of verkoop.” Van Coller is nie net Leadhome se spanleier in die Wes-Kaap nie, maar ook die plaaslike eiendomsdeskundige vir sentrale Kaapstad. Volgens haar moet kopers baie kieskeurig wees voordat hulle belê.

Sy reken dat, “Die Wes-Kaap en omliggende areas kan soos dag en nag van mekaar verskil, so dis altyd ’n goeie idee om saam met deskundiges, soos Leadhome, te werk. Ons gebruik die heel nuutste data en is trots op die feit dat ons verhouding met kopers en verkopers openhartig en gemaklik is.”

Alhoewel Kaapstad en omliggende gebiede deur heelwat veranderinge gegaan het en die mark tans ‘afkoel’, glo Van Coller dat dit steeds ’n goeie belegging is. Volgens haar is daar verskeie faktore wat tot die huidige situasie bydra. Die droogte het beslis ’n impak gehad, om nie te vergeet van die gesprekke wat tans oor landhervorming gehou word nie. Dan is daar natuurlik ook 2019 se verkiesing.

Emigrasie en huishoudings wat bloot afskaal speel ook ’n rol in die mark se kurwes. Sy sê dat die onlangse toename van Gautengers wat Kaap toe getrek het ook besig is om af te skaal.

Hou jou kop reg aangeskroef

Een van die eerste plekke waar mens sien dat die ekonomie onder druk is, is die eiendomsmark. Vir Van Coller en haar span beteken dit dat hulle soveel slimmer moet werk om die beste moontlike transaksies vir hulle kliënte by Leadhome te beklink. Van Coller sê daar is absoluut geen rede om te glo dat Kaapstad se eiendomsmark in ’n penarie is nie. Vir kliënte wat hulle huiswerk doen is daar steeds baie waarde te vinde.

“Mense het buitengewone groei beleef.” Sy voeg by, “FNB se statistieke oor die laaste vyf jaar wys dat daar 110% groei op eiendomme was. Alhoewel dit ’n kopersmark is, kan verkopers die vrugte pluk van die hoë kapitale groei oor die afgelope paar jaar . . . en kopers, wel, hulle betree weer die mark teen goeie waarde.”

Leadhome se model

Van Coller verduidelik dat Leadhome se model ontwerp is om die kliënt te bevoordeel – dis gebaseer op die feit dat ’n goeie transaksie alle aspekte van die waardeketting in aanmerking moet neem.

Sy gaan voort om te verduidelik dat Leadhome ook tegnologies baie vriendelik is. “Ons tegnologie is ’n baie groot voordeel. Ons sisteme hardloop 24 uur ’n dag, sewe dae ’n week, wat beteken dat jy nie hoef rond te skarrel op soek na ’n eiendomsagent nie. Jy kan die hele proses na-ure doen, selfs afsprake vir besigtigings.”

Die stad met ’n groot hart

Van Coller kom oorspronklik van Gauteng af, maar bly nou al 14 jaar in Kaapstad – ’n lewenstyl wat sy vir niks sal verruil nie. “Dis ’n stad met iets vir almal,” sê sy, “’n Sin van gemeenskap, vooruitstrewende besigheidswêreld, naglewe, restaurante en vermaak, en dis nog voor ons van die natuurskoon, die berg en see en al die fantastiese buitelewe aktiwiteite begin praat. Dit hou net nie op nie, 365 dae ’n jaar.”

Volgens haar belê jy nie bloot in ’n huis van klip en sand nie. As jy in Kaapstad of omliggende gebiede koop, belê jy in ’n spesifieke lewenskwaliteit.

Hierdie artikel is aangepas om ons huidige sakemodel te weerspieël.

Insights Team

We're the "thinking arm" of Leadhome, combining expertise in data analysis, modelling, sociology, geography, and philosophy to interrogate current trends in the South African residential property market. Proudly contemplative since 2015.

WhatsApp Logo
WhatsApp us